Afrikaans Bible

GENESIS 4

GENESIS

Return to Index

Chapter 5

1


 

  Dit is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.  

 

 

-

2


 

  Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseënen hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.  

 

 

-

3


 

  Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, het hy 'n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.  

 

 

-

4


 

  En die dae van Adam, n  die geboorte van Set, was agt honderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.  

 

 

-

5


 

  So was dan al die dae van Adam wat hy geleef het, nege honderd en dertig jaar, en hy het gesterwe.  

 

 

-

6


 

  Toe Set honderd en vyf jaar oud was, het hy die vader van Enos geword.  

 

 

-

7


 

  En Set het n  die geboorte van Enos nog agt honderd en sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.  

 

 

-

8


 

  So was dan al die dae van Set nege honderd en twaalf jaar, en hy het gesterwe.  

 

 

-

9


 

  Toe Enos negentig jaar oud was, het hy die vader van Kenan geword.  

 

 

-

10


 

  En Enos het n  die geboorte van Kenan nog agt honderd en vyftien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.  

 

 

-

11


 

  So was dan al die dae van Enos nege honderd en vyf jaar, en hy het gesterwe.  

 

 

-

12


 

  Toe Kenan sewentig jaar oud was, het hy die vader van Mahal lel geword.  

 

 

-

13


 

  En Kenan het n  die geboorte van Mahal lel nog agt honderd en veertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.  

 

 

-

14


 

  So was dan al die dae van Kenan nege honderd en tien jaar, en hy het gesterwe.  

 

 

-

15


 

  Toe Mahal lel vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Jered geword.  

 

 

-

16


 

  En Mahal lel het n  die geboorte van Jered nog agt honderd en dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.  

 

 

-

17


 

  So was dan al die dae van Mahal lel agt honderd vyf en negentig jaar, en hy het gesterwe.  

 

 

-

18


 

  Toe Jered honderd twee en sestig jaar oud was, het hy die vader van Henog geword.  

 

 

-

19


 

  En Jered het n  die geboorte van Henog nog agt honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.  

 

 

-

20


 

  So was dan al die dae van Jered nege honderd twee en sestig jaar, en hy het gesterwe.  

 

 

-

21


 

  Toe Henog vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Metusalag geword.  

 

 

-

22


 

  En Henog het n  die geboorte van Metusalag nog drie honderd jaar met God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad.  

 

 

-

23


 

  So was dan al die dae van Henog drie honderd vyf en sestig jaar.  

 

 

-

24


 

  En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.  

 

 

-

25


 

  Toe Metusalag honderd sewe en tagtig jaar oud was, het hy die vader van Lameg geword.  

 

 

-

26


 

  En Metusalag het n  die geboorte van Lameg nog sewe honderd twee en tagtig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.  

 

 

-

27


 

  So was dan al die dae van Metusalag nege honderd nege en sestig jaar, en hy het gesterwe.  

 

 

-

28


 

  Toe Lameg honderd twee en tagtig jaar oud was, het hy 'n seun verwek  

 

 

-

29


 

  en hom Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom uit die aarde wat die HERE vervloek het.  

 

 

-

30


 

  En Lameg het n  die geboorte van Noag nog vyf honderd vyf en negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.  

 

 

-

31


 

  So was dan al die dae van Lameg sewe honderd sewe en sewentig jaar, en hy het gesterwe.  

 

 

-

32


 

  En Noag was vyf honderd jaar oud, en Noag het die vader geword van Sem, Gam en Jafet.  

 

 

-

GENESIS 6

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: