| Chapter 7 |
1 |
Het die mens nie 'n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van 'n dagloner nie? -
|
2 |
Soos 'n slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos 'n dagloner wat wag op sy werkloon, -
|
3 |
so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem. -
|
4 |
As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môre skemering toe. -
|
5 |
My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer. -
|
6 |
My dae is vinniger as 'n wewerspoel en verdwyn sonder verwagting. -
|
7 |
Bedink tog dat my lewe wind is; my oog sal die voorspoed nie weer sien nie. -
|
8 |
Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U oë is op my -- en ek is daar nie! -
|
9 |
Die wolk verdwyn en gaan heen -- so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie. -
|
10 |
Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie. -
|
11 |
So wil dan ook k my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel. -
|
12 |
Is ek 'n see, of 'n groot seedier, dat U 'n wag teen my opstel? -
|
13 |
As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra, -
|
14 |
dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte, -
|
15 |
sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraamte van my. -
|
16 |
Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid. -
|
17 |
Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee? -
|
18 |
En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel? -
|
19 |
Hoe lank sal U nie van my af wegkyk nie, my nie laat staan nie, totdat ek my speeksel insluk? -
|
20 |
As ek gesondig het, wat doen ek U aan, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot 'n las is? -
|
21 |
En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie. -
|