| Chapter 10 |
1 |
Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel. -
|
2 |
Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis. -
|
3 |
Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn? -
|
4 |
Het U vleeslike oë? Of sien U soos 'n mens sien? -
|
5 |
Is u dae soos die dae van 'n mens, of u jare soos die dae van 'n man? -
|
6 |
dat U soek na my ongeregtigheid en vra na my sonde, -
|
7 |
ofskoon U weet dat ek nie skuldig is nie en dat daar niemand is wat uit u hand kan red nie? -
|
8 |
U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en U vernietig my! -
|
9 |
Bedink tog dat U my soos klei gevorm het, en wil U my tot stof laat terugkeer? -
|
10 |
Het U my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie? -
|
11 |
Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg. -
|
12 |
Die lewe, ja, guns het U aan my bewys, en u sorg het my gees bewaak. -
|
13 |
Maar daarby het U d¡t verberg in u hart, ek weet dat d¡t u toeleg was: -
|
14 |
As ek gesondig het, sou U my waarneem en my nie vryspreek van my ongeregtigheid nie. -
|
15 |
Was ek skuldig -- wee my! En was ek regverdig, ek sou my hoof nie kon ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende. -
|
16 |
En as my hoof hom ophef, sou U my jaag soos 'n leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra. -
|
17 |
U sou altyd nuwe getuies teen my bring en u grimmigheid teen my vermeerder -- altyd nuwe leërafdelings teen my! -
|
18 |
Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat 'n oog my gesien het. -
|
19 |
Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het. -
|
20 |
Is my dae nie min nie? Laat Hy ophou, my laat staan, dat ek 'n bietjie vrolik kan wees, -
|
21 |
voordat ek heengaan -- en nie terugkom nie -- na die land van duisternis en doodskaduwee, -
|
22 |
'n land van donkerheid, soos middernag, van doodskaduwee en wanorde, en dit gee 'n skynsel -- soos middernag! -
|