| Chapter 20 |
1 |
Toe het Sofar, die Namatiet, geantwoord en gesê: -
|
2 |
Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my. -
|
3 |
'n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my. -
|
4 |
Weet jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is: -
|
5 |
dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir 'n oomblik? -
|
6 |
Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke -- -
|
7 |
soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy? -
|
8 |
Soos 'n droom vlieg hy weg, sodat 'n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos 'n naggesig. -
|
9 |
Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie. -
|
10 |
Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee. -
|
11 |
Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof. -
|
12 |
Al smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong, -
|
13 |
al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte -- -
|
14 |
tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste. -
|
15 |
Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg. -
|
16 |
Die gif van adders suig hy in, die tong van 'n slang maak hom dood. -
|
17 |
Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie. -
|
18 |
Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie. -
|
19 |
Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; 'n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie. -
|
20 |
Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie. -
|
21 |
Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie. -
|
22 |
By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom. -
|
23 |
Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel. -
|
24 |
Hy sal vlug vir die ysterwapens -- 'n koperboog sal hom deurboor. -
|
25 |
Hy trek -- daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom! -
|
26 |
Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; 'n vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly. -
|
27 |
Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op. -
|
28 |
Weggevoer word die opbrings van sy huis -- goed wat wegspoel op die dag van sy toorn. -
|
29 |
Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God. -
|