| Chapter 21 |
1 |
Maar Job het geantwoord en gesê: -
|
2 |
Luister goed na my rede, en laat dit die vertroostinge wees wat julle aanbied. -
|
3 |
Verdra my, dat ek ook kan spreek; en nadat ek gespreek het, kan jy spot. -
|
4 |
Wat my aangaan, geld my geklaag dan 'n mens? Of waarom sou ek nie ongeduldig word nie? -
|
5 |
Kyk my aan, en wees verskrik; en lê die hand op die mond. -
|
6 |
Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan. -
|
7 |
Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag? -
|
8 |
Hulle nakomelinge bestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë. -
|
9 |
Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie. -
|
10 |
Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie. -
|
11 |
Hulle laat hul jong seuns loop soos 'n trop kleinvee, en hul kinders spring rond. -
|
12 |
Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit. -
|
13 |
In voorspoed slyt hulle hul dae, en in 'n oomblik sink hulle in die doderyk af. -
|
14 |
Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie. -
|
15 |
Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring? -
|
16 |
-
|
17 |
Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn, -
|
18 |
word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormwind wegvoer? -
|
19 |
Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel! -
|
20 |
Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en slf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige. -
|
21 |
Want wat gee hy om sy huis n hom as die getal van sy maande afgesny is? -
|
22 |
Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel? -
|
23 |
Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede. -
|
24 |
Sy emmers is vol melk, en die murg van sy gebeente word deur en deur bevogtig. -
|
25 |
Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het. -
|
26 |
Saam lê hulle in die stof, en die wurms oordek hulle. -
|
27 |
Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree. -
|
28 |
As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose -- -
|
29 |
het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!: -
|
30 |
dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid? -
|
31 |
Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel -- wie sal hom dit vergeld? -
|
32 |
Dan word hy na die graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel. -
|
33 |
Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het. -
|
34 |
Hoe troos julle my dan op so 'n nietige manier? En julle antwoorde -- net troubreuk bly oor! -
|