| Chapter 23 |
1 |
Maar Job het geantwoord en gesê: -
|
2 |
Nog altyd geld my geklaag as wederstrewigheid; my hand lê swaar op my gesug. -
|
3 |
Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind, maar kon kom tot by sy woning! -
|
4 |
Dan sou ek die regsaak voor sy aangesig uiteensit en my mond met bewyse vul; -
|
5 |
ek sou verneem die woorde wat Hy my sou antwoord, en verstaan wat Hy aan my sou sê. -
|
6 |
Sou Hy met oormag teen my stry? Nee, maar Hy sou ag op my gee. -
|
7 |
Dan sou daar 'n opregte met Hom staan en pleit, en ek sou vir ewig van my regter vrykom. -
|
8 |
Kyk, ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie. -
|
9 |
As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die suide, dan sien ek Hom nie. -
|
10 |
Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom. -
|
11 |
Aan sy voetstap het my voet vasgehou; sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai. -
|
12 |
Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet. -
|
13 |
Maar Hy bly onveranderlik Een -- wie sal Hom dan teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy. -
|
14 |
Want Hy sal volbring wat oor my besluit is, en baie sulke dinge is daar by Hom. -
|
15 |
Daarom is ek verskrik voor sy aangesig; as ek daarop ag gee, vrees ek vir Hom. -
|
16 |
En God het my hart week gemaak, en die Almagtige het my verskrik. -
|
17 |
Want ek vergaan nie vanweë die duisternis of vanweë my eie aangesig wat deur donkerheid oordek is nie. -
|