| Chapter 25 |
1 |
Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê: -
|
2 |
Heerskappy en verskrikking is by Hom wat vrede maak in sy hoogtes. -
|
3 |
Is daar 'n getal vir sy leërskare? En oor wie rys sy lig nie op nie? -
|
4 |
Hoe sou dan 'n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit 'n vrou gebore is? -
|
5 |
Kyk, selfs die maan -- hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie. -
|
6 |
Hoeveel minder die mens, 'n maaier; en die mensekind, 'n wurm. -
|