| Chapter 30 |
1 |
En nou lag hulle wat jonger is as ek, my uit -- mense wie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit. -
|
2 |
Wat sou die krag van hulle hande my ook baat? Die frisse lewenskrag het by hulle verlore gegaan. -
|
3 |
Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting; -
|
4 |
hulle wat die soutkruid afpluk by die bossies, en die besemboswortel is hulle brood. -
|
5 |
Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor 'n dief. -
|
6 |
In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse. -
|
7 |
Tussen die bossies skreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar -- -
|
8 |
dwase, ja, eerlose mense wat met 'n sweep uit die land geslaan word. -
|
9 |
En nou het ek hulle spotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat. -
|
10 |
Hulle het 'n afsku van my, staan op 'n afstand van my af en ontsien nie om my in die gesig te spuug nie. -
|
11 |
Want Hy het my boogsnaar losgemaak en my verneder; so het hulle dan teenoor my die teuel laat skiet. -
|
12 |
Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg en gooi hul onheilspaaie teen my op. -
|
13 |
My pad verniel hulle, hulle help om my te laat val sonder dat hulle self 'n helper het. -
|
14 |
Soos deur 'n wye bres kom hulle; te midde van die puinhope kom hulle aanrol. -
|
15 |
Verskrikkinge is teen my gerig; hulle vervolg my hoogheid soos die wind, en soos 'n wolk het my geluk verbygegaan. -
|
16 |
Daarom stort my siel hom nou uit in my; dae van ellende hou my vas. -
|
17 |
Die nag deurboor my gebeente, en dit val van my af; en my knaende pyne rus nooit nie. -
|
18 |
Deur goddelike oormag is my kleed ontredder; soos die kraag van my lyfrok omspan dit my. -
|
19 |
Hy het my in die modder gewerp, en ek het soos stof en as geword. -
|
20 |
Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan. -
|
21 |
U is jeens my verander in 'n onbarmhartige; deur die sterkte van u hand behandel U my as vyand. -
|
22 |
U hef my op die wind, laat my daarop ry; en U laat my vergaan in stormgedruis. -
|
23 |
Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom. -
|
24 |
Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om die rede om hulp roep nie? -
|
25 |
Of het ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie? -
|
26 |
Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom. -
|
27 |
My ingewande kook sonder ophou; dae van ellende het my teëgekom. -
|
28 |
Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp. -
|
29 |
Ek het 'n broer geword vir die jakkalse en 'n vriend vir die volstruise. -
|
30 |
My vel het swart geword en val van my af, en my gebeente gloei van hitte. -
|
31 |
So het dan my siter 'n rouklag geword en my fluit 'n stem van die wat ween. -
|