| Chapter 36 |
1 |
En El¡hu het voortgegaan en gesê: -
|
2 |
Wag 'n bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot eer van God. -
|
3 |
Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper reg verskaf. -
|
4 |
Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u. -
|
5 |
Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie -- geweldig deur krag van verstand. -
|
6 |
Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg. -
|
7 |
Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is. -
|
8 |
Maar as hulle in kettings geklink is, gevang word in bande van ellende, -
|
9 |
dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was; -
|
10 |
dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid. -
|
11 |
As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid. -
|
12 |
Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis. -
|
13 |
Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie. -
|
14 |
So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos die van skandseuns. -
|
15 |
Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking. -
|
16 |
So lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na 'n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspys. -
|
17 |
Maar u is vol van die oordeel oor die goddelose: oordeel en strafgerig sal u aangryp. -
|
18 |
Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie. -
|
19 |
Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kragsinspanning van u? -
|
20 |
Smag nie na die oordeelsnag wat volke wegneem uit hulle plek nie. -
|
21 |
Neem u in ag, wend u nie tot ongeregtigheid nie; want dit verkies u liewer as ellende. -
|
22 |
Kyk, God handel verhewe in sy krag; wie is 'n leermeester soos Hy? -
|
23 |
Wie het Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen? -
|
24 |
Dink daaraan dat u sy werk moet verheerlik waar die mense van sing. -
|
25 |
Al die mense sien dit met welgevalle aan, die sterfling aanskou dit van ver. -
|
26 |
Kyk, God is groot en onbegryplik vir ons; die getal van sy jare is onnaspeurlik. -
|
27 |
Want Hy trek waterdruppels af; hulle sif neer by sy mistige weer as reën -
|
28 |
wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense. -
|
29 |
Ja, kan iemand die uitspreiding van die wolke verstaan, die gekraak van sy hut? -
|
30 |
Kyk, Hy sprei sy lig oor Hom uit, en die dieptes van die see oordek Hy. -
|
31 |
Want daarmee oordeel Hy die volke, gee Hy voedsel in oorvloed. -
|
32 |
Altwee sy hande oordek Hy met weerlig en gee daaraan bevel teen die aanvaller. -
|
33 |
Sy donderstem kondig Hom aan, die vee selfs dat Hy optrek. -
|