| Chapter 2 |
1 |
Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? -
|
2 |
Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: -
|
3 |
Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! -
|
4 |
Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. -
|
5 |
Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik: -
|
6 |
Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. -
|
7 |
Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. -
|
8 |
Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting. -
|
9 |
U sal hulle verpletter met 'n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos 'n erdepot. -
|
10 |
Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! -
|
11 |
Dien die HERE met vrees, en juig met bewing. -
|
12 |
Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil! -
|