| Chapter 6 |
1 |
Vir die musiekleier; met snaarinstrumente; met basstem. 'n Psalm van Dawid. -
|
2 |
o HERE, straf my nie in u toorn nie, en kasty my nie in u grimmigheid nie. -
|
3 |
Wees my genadig, HERE, want ek is verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik. -
|
4 |
Ja, my siel is baie verskrik; en U, HERE, tot hoe lank? -
|
5 |
Keer terug, HERE, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil. -
|
6 |
Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk? -
|
7 |
Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane. -
|
8 |
My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders. -
|
9 |
Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het die stem van my geween gehoor. -
|
10 |
Die HERE het my smeking gehoor; die HERE neem my gebed aan. [ (Psalms 6:11) Al my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in 'n oomblik beskaamd omdraai. ] -
|