| Chapter 8 |
1 |
Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Dawid. -
|
2 |
o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele. -
|
3 |
Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak. -
|
4 |
As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het -- -
|
5 |
wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? -
|
6 |
U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. -
|
7 |
U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel: -
|
8 |
skape en beeste, die almal, en ook die diere van die veld, -
|
9 |
die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see. [ (Psalms 8:10) o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! ] -
|