| Chapter 9 |
1 |
Vir die musiekleier; op die wysie van: "Sterf vir die Seun". 'n Psalm van Dawid. -
|
2 |
Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel. -
|
3 |
In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste, -
|
4 |
omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig. -
|
5 |
Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter! -
|
6 |
U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd. -
|
7 |
Die vyande het omgekom -- puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, die het vergaan. -
|
8 |
Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel. -
|
9 |
En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg. -
|
10 |
So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid. -
|
11 |
En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE! -
|
12 |
Psalmsing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade. -
|
13 |
Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie. -
|
14 |
Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood; -
|
15 |
sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil. -
|
16 |
Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het. -
|
17 |
Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajon. Sela. -
|
18 |
Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet. -
|
19 |
Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie. -
|
20 |
Staan op, HERE, laat die mens nie sterk word nie; laat die heidene voor u aangesig geoordeel word! [ (Psalms 9:21) o HERE jaag hulle skrik aan; laat die heidene weet, hulle is mense! Sela. ] -
|