| Chapter 21 |
1 |
Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. -
|
2 |
o HERE, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp! -
|
3 |
U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela. -
|
4 |
Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U 'n kroon van fyn goud. -
|
5 |
Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd. -
|
6 |
Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê. -
|
7 |
Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig. -
|
8 |
Want die koning vertrou op die HERE, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie. -
|
9 |
U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind. -
|
10 |
U sal hulle maak soos 'n vurige oond as U verskyn; die HERE sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer. -
|
11 |
U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg. -
|
12 |
Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het 'n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig. -
|
13 |
Want U sal hulle dwing om te vlug; met u boogsnare sal u mik op hulle gesig. [ (Psalms 21:14) Verhef U, HERE, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang! ] -
|