| Chapter 25 |
1 |
'n Psalm van Dawid. Alef. Tot U, o HERE, hef ek my siel op. -
|
2 |
Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie. -
|
3 |
Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak. -
|
4 |
Dalet. HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie. -
|
5 |
He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag. -
|
6 |
Sajin. Dink, HERE, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want die is van ewigheid af. -
|
7 |
Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE! -
|
8 |
Tet. Die HERE is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg. -
|
9 |
Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer. -
|
10 |
Kaf. Al die paaie van die HERE is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar. -
|
11 |
Lamed. Om u Naam ontwil, HERE, vergeef my ongeregtigheid, want dit is groot. -
|
12 |
Mem. Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies. -
|
13 |
Noen. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit. -
|
14 |
Samek. Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak. -
|
15 |
Ajin. My oë is altyddeur op die HERE, want Hy sal my voete uit die net uitlei. -
|
16 |
Pe. Wend U tot my en wees my genadig, want ek is eensaam en ellendig. -
|
17 |
Sade. Die benoudhede van my hart is wyd uitgestrek; lei my uit my angste. -
|
18 |
Resj. Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my sondes. -
|
19 |
Resj. Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met 'n gewelddadige haat. -
|
20 |
Sjin. Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek. -
|
21 |
Tau. Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek. -
|
22 |
o God, verlos Israel uit al sy benoudhede! -
|