| Chapter 45 |
1 |
Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde. -
|
2 |
My hart word bewoƫ deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer. -
|
3 |
U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseƫnvir ewig. -
|
4 |
Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid; -
|
5 |
ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer! -
|
6 |
U pyle is skerp volke val onder U!; hulle tref in die hart van die Koning se vyande. -
|
7 |
U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer. -
|
8 |
U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle. -
|
9 |
Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly. -
|
10 |
Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir. -
|
11 |
Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader; -
|
12 |
en as die Koning u skoonheid begeer -- want Hy is u Heer -- buig u dan voor Hom neer. -
|
13 |
En, o dogter van Tirus -- met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense. -
|
14 |
Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding. -
|
15 |
In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring. -
|
16 |
Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in. -
|
17 |
In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land. [ (Psalms 45:18) U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd. ] -
|