| Chapter 49 |
1 |
Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm. -
|
2 |
Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld, -
|
3 |
geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm! -
|
4 |
My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand. -
|
5 |
Ek sal my oor neig tot 'n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter. -
|
6 |
Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring -- -
|
7 |
die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom? -
|
8 |
Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie -
|
9 |
-
|
10 |
dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie. -
|
11 |
Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na. -
|
12 |
Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name. -
|
13 |
Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan. -
|
14 |
Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde 'n behae het. Sela. -
|
15 |
Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre ; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie. -
|
16 |
Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela. -
|
17 |
Wees nie bevrees as 'n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie; -
|
18 |
want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie. -
|
19 |
Al ag hy homself gelukkig in sy lewe -- en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen -- -
|
20 |
tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie. [ (Psalms 49:21) Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan. ] -
|