| Chapter 51 |
1 |
Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, -
|
2 |
toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by B tseba ingegaan het. -
|
3 |
-
|
4 |
Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. -
|
5 |
Want k ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. -
|
6 |
Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou. -
|
7 |
Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang. -
|
8 |
Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend. -
|
9 |
Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. -
|
10 |
Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het. -
|
11 |
Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede. -
|
12 |
Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees. -
|
13 |
Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie. -
|
14 |
Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees. -
|
15 |
Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer. -
|
16 |
Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel. -
|
17 |
Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig. -
|
18 |
Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie. -
|
19 |
Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie! [ (Psalms 51:20) Doen goed aan Sion na u welbehae; bou die mure van Jerusalem op. ] [ (Psalms 51:21) Dan sal U 'n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar. ] -
|