| Chapter 66 |
1 |
Vir die musiekleier. 'n Lied. 'n Psalm. Juig tot eer van God, o ganse aarde! -
|
2 |
Besing die eer van sy Naam, maak heerlik sy lofsang! -
|
3 |
Sê tot God: Hoe vreeslik is u werke! Deur die grootheid van u sterkte sal u vyande kruipende na U toe kom. -
|
4 |
Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela. -
|
5 |
Kom en aanskou die dade van God, Hy wat gedug is in werking oor die mensekinders. -
|
6 |
Hy het die see verander in droë land; hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar was ons bly in Hom. -
|
7 |
Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges hulleself nie verhef nie. Sela. -
|
8 |
Loof, volke, onse God, en laat hoor die stem wat Hom roem -- -
|
9 |
wat aan ons siel die lewe gee en nie toelaat dat ons voet wankel nie. -
|
10 |
Want U het ons getoets, o God, U het ons gelouter soos 'n mens silwer louter. -
|
11 |
U het ons in die net gebring, 'n swaar las op ons heupe gelê. -
|
12 |
U het mense oor ons hoof laat ry; ons het in die vuur en in die water gekom, maar U het ons uitgelei in die oorvloed. -
|
13 |
Ek sal met brandoffers in u huis ingaan; ek sal U my geloftes betaal, -
|
14 |
wat my lippe geuit en my mond uitgespreek het toe ek benoud was. -
|
15 |
Brandoffers van vet diere sal ek U bring saam met offerrook van ramme; ek sal beeste saam met bokke berei. Sela. -
|
16 |
Kom luister, en laat my vertel, julle almal wat God vrees, wat Hy aan my siel gedoen het. -
|
17 |
Ek het Hom aangeroep met my mond, en lofgesang was onder my tong. -
|
18 |
As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie. -
|
19 |
Waarlik, God het gehoor; Hy het geluister na die stem van my gebed. -
|
20 |
Geloofd sy God wat my gebed nie afgewys en sy goedertierenheid aan my nie onttrek het nie! -
|