| Chapter 75 |
1 |
Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." 'n Psalm van Asaf. 'n Lied. -
|
2 |
Ons loof U, o God, ons loof, en naby is u Naam; hulle vertel u wonders. -
|
3 |
As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel k regverdig. -
|
4 |
Al wankel die aarde en al sy bewoners -- k het sy pilare vasgestel. Sela. -
|
5 |
Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie! -
|
6 |
Verhef julle horing nie daarbo en spreek nie met trots uitgerekte nek nie. -
|
7 |
Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie.... -
|
8 |
maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander. -
|
9 |
Want in die hand van die HERE is 'n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink. -
|
10 |
Maar k sal vir ewig verkondig -- ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob. [ (Psalms 75:11) En ek sal al die horings van die goddelose mense stukkend breek; die horings van die regverdige sal verhef word. ] -
|