| Chapter 78 |
1 |
'n Onderwysing van Asaf. My volk, luister na my onderrig; neig julle oor tot die woorde van my mond. -
|
2 |
Ek wil my mond open met 'n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom. -
|
3 |
Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het, -
|
4 |
sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het. -
|
5 |
Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het -- om dit aan hulle kinders bekend te maak, -
|
6 |
sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, -
|
7 |
en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar, -
|
8 |
en nie word soos hulle vaders nie, 'n koppige en wederstrewige geslag, 'n geslag met 'n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie. -
|
9 |
Die kinders van Efraim, gewapende boogskutters, het omgespring op die dag van oorlog. -
|
10 |
Hulle het die verbond van God nie gehou nie en geweier om te wandel in sy wet. -
|
11 |
En hulle het sy dade vergeet en sy wonders wat Hy hulle laat sien het. -
|
12 |
Voor hulle vaders het Hy wonders gedoen, in die land Egipte, die veld van Soan. -
|
13 |
Hy het die see geklief en hulle laat deurgaan en die waters laat staan soos 'n wal. -
|
14 |
En Hy het hulle bedags gelei met 'n wolk en die hele nag met 'n lig van vuur. -
|
15 |
Hy het rotse gekloof in die woestyn en hulle oorvloedig laat drink soos uit watervloede. -
|
16 |
En Hy het strome laat uitgaan uit die rots en die waters laat afloop soos riviere. -
|
17 |
Nog het hulle voortgegaan om teen Hom te sondig, om wederstrewig te wees teen die Allerhoogste in die dor land. -
|
18 |
En hulle het God versoek in hul hart deur voedsel te vra na hulle sin. -
|
19 |
En hulle het teen God gespreek, hulle het gesê: Sou God 'n tafel kan dek in die woestyn? -
|
20 |
Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het -- sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk? -
|
21 |
Daarom het die HERE gehoor en toornig geword, en 'n vuur is aangesteek teen Jakob, en toorn het ook opgegaan teen Israel; -
|
22 |
omdat hulle in God nie geglo en op sy hulp nie vertrou het nie. -
|
23 |
En Hy het aan die wolke daarbo bevel gegee en die deure van die hemel oopgemaak; -
|
24 |
en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die hemel aan hulle gegee. -
|
25 |
Mense het die brood van die engele geëet; Hy het hulle volop padkos gestuur. -
|
26 |
Hy het die oostewind laat uitbreek aan die hemel en die suidewind deur sy sterkte aangevoer; -
|
27 |
en Hy het vleis soos stof op hulle laat reën en gevleuelde voëls soos sand aan die seë; -
|
28 |
en Hy het dit binne-in sy laer laat val, rondom sy wonings. -
|
29 |
Toe het hulle geëet en ten volle versadig geword, en hulle begeerte het Hy bevredig. -
|
30 |
Hulle was nie weg van hul begeerte nie -- hulle voedsel was nog in hulle mond -- -
|
31 |
toe die toorn van God teen hulle opgegaan het en Hy 'n slagting onder hulle kragtige manne aangerig en die jongmanne van Israel neergewerp het. -
|
32 |
Ondanks dit alles het hulle verder gesondig en nie aan sy wonders geglo nie. -
|
33 |
So het Hy dan hulle dae laat vergaan in nietigheid en hulle jare in verskrikking. -
|
34 |
Elke keer as Hy hulle gedood het, het hulle na Hom gevra en teruggekom en God gesoek; -
|
35 |
en hulle het daaraan gedink dat God hul rots was en God, die Allerhoogste, hul verlosser. -
|
36 |
En hulle het Hom met hul mond gevlei en Hom met hul tong belieg; -
|
37 |
maar hulle hart het nie aan Hom vasgehou nie, en hulle was nie trou in sy verbond nie. -
|
38 |
Maar Hy is barmhartig, Hy versoen die ongeregtigheid en verdelg nie, en dikwels wend Hy sy toorn af en wek nie al sy grimmigheid op nie. -
|
39 |
En Hy het daaraan gedink dat hulle vlees was, 'n wind wat weggaan en nie terugkom nie. -
|
40 |
Hoe dikwels was hulle wederstrewig teen Hom in die woestyn, het hulle Hom gegrief in die wildernis; -
|
41 |
en hulle het God opnuut versoek en die Heilige van Israel gekrenk. -
|
42 |
Hulle het nie aan sy hand gedink, aan die dag toe Hy hulle van die teëstander verlos het nie; -
|
43 |
toe Hy sy tekens gedoen het in Egipte en sy wonders in die veld van Soan. -
|
44 |
En Hy het hulle riviere verander in bloed en hulle strome, sodat hulle nie kon drink nie. -
|
45 |
Hy het onder hulle steekvlieë gestuur wat hulle verteer het, en paddas wat verwoesting oor hulle gebring het. -
|
46 |
En Hy het hulle opbrings aan die kaalvreter gegee en die vrug van hulle werk aan die treksprinkaan. -
|
47 |
Hy het hulle wingerdstok deur die hael doodgemaak en hulle wildevyeboom deur ryp. -
|
48 |
Ook het Hy hulle diere aan die hael oorgegee en hulle vee aan die blitse. -
|
49 |
Hy het die gloed van sy toorn onder hulle gestuur, grimmigheid en woede en benoudheid, 'n uitsending van ongeluksbodes. -
|
50 |
Hy het 'n pad vir sy toorn gebaan, hulle siel nie gered van die dood nie, maar hulle lewe aan die pes oorgegee. -
|
51 |
En Hy het al die eersgeborenes in Egipte getref, die eerstelinge van hul krag in die tente van Gam. -
|
52 |
Maar Hy het sy volk laat wegtrek soos skape en hulle gelei soos 'n kudde in die woestyn. -
|
53 |
Ja, Hy het hulle veilig gelei, sodat hulle nie gevrees het nie; maar die see het hulle vyande oordek. -
|
54 |
En Hy het hulle gebring na sy heilige grondgebied, na die bergland wat sy regterhand verwerf het. -
|
55 |
En Hy het nasies voor hulle uit verdrywe en die aan hulle as afgemete erfdeel laat val, en Hy het die stamme van Israel in hulle tente laat woon. -
|
56 |
Maar hulle het Hom versoek en was wederstrewig teen God, die Allerhoogste, en hulle het sy getuienisse nie onderhou nie. -
|
57 |
En hulle was afvallig en het troueloos gehandel soos hul vaders; hulle het omgedraai soos 'n bedrieglike boog. -
|
58 |
En hulle het Hom geterg deur hul hoogtes en deur hul gesnede beelde sy jaloersheid gewek. -
|
59 |
God het dit gehoor en toornig geword, en Hy het Israel heeltemal verwerp. -
|
60 |
En Hy het die tabernakel in Silo prysgegee, die tent wat Hy opgeslaan het onder die mense. -
|
61 |
En Hy het sy sterkte oorgegee in gevangenskap en sy heerlikheid in die hand van die teëstander. -
|
62 |
En Hy het sy volk oorgelewer aan die swaard en toornig geword op sy erfdeel. -
|
63 |
Die vuur het hulle jongmanne verteer, en hulle jongedogters is nie geprys nie. -
|
64 |
Hulle priesters het deur die swaard geval, en hulle weduwees het nie geween nie. -
|
65 |
Toe het die Here wakker geword soos een wat slaap, soos 'n held wat oorweldig is deur die wyn; -
|
66 |
en Hy het sy teëstanders van agter geslaan, Hy het hulle 'n ewige smaadheid aangedoen. -
|
67 |
En Hy het die tent van Josef verwerp, en die stam van Efraim het Hy nie uitverkies nie, -
|
68 |
maar die stam van Juda uitverkies, die berg Sion wat Hy liefhet. -
|
69 |
En Hy het sy heiligdom soos hemelhoogtes gebou, soos die aarde wat Hy vir ewig gegrondves het. -
|
70 |
En Hy het sy kneg Dawid uitverkies en hom van die skaapkrale af geneem. -
|
71 |
Agter die lammerooie het Hy hom gaan weghaal, om Jakob, sy volk, op te pas en Israel, sy erfdeel. -
|
72 |
En hy het hulle opgepas na die opregtheid van sy hart en hulle gelei met die verstandige oorleg van sy hande. -
|