| Chapter 84 |
1 |
Vir die musiekleier; op die Gittiet. Van die kinders van Korag. 'n Psalm. -
|
2 |
Hoe lieflik is u woninge, o HERE van die leërskare! -
|
3 |
My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God. -
|
4 |
Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, HERE van die leërskare, my Koning en my God! -
|
5 |
Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela. -
|
6 |
Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is. -
|
7 |
As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit 'n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge. -
|
8 |
Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion. -
|
9 |
HERE, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela. -
|
10 |
o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde. -
|
11 |
Want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid. -
|
12 |
Want die HERE God is 'n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie. [ (Psalms 84:13) HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou! ] -
|