| Chapter 85 |
1 |
Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm. -
|
2 |
U het, o HERE, 'n welbehae gehad in u land; die lot van Jakob het U verander. -
|
3 |
U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela. -
|
4 |
U het al u grimmigheid teruggetrek, U het U van die gloed van u toorn afgewend. -
|
5 |
Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons! -
|
6 |
Sal U vir ewig teen ons toornig wees, u toorn laat duur van geslag tot geslag? -
|
7 |
Sal U ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie? -
|
8 |
Laat ons u goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons u heil! -
|
9 |
Ek wil hoor wat God die HERE spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk en vir sy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie! -
|
10 |
Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon. -
|
11 |
Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar. -
|
12 |
Trou spruit uit die aarde en geregtigheid kyk uit die hemel neer. -
|
13 |
Ook gee die HERE die goeie, en ons land lewer sy opbrings. [ (Psalms 85:14) Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe. ] -
|