| Chapter 86 |
1 |
'n Gebed van Dawid. HERE, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig. -
|
2 |
Bewaar my siel, want 'n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou. -
|
3 |
Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur. -
|
4 |
Verbly die siel van u kneg, want tot U, o Here, hef ek my siel op. -
|
5 |
Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep. -
|
6 |
HERE, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge. -
|
7 |
In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my. -
|
8 |
Daar is niemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie. -
|
9 |
Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer; -
|
10 |
want U is groot en doen wonders, U alleen is God. -
|
11 |
Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam. -
|
12 |
Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer; -
|
13 |
want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered. -
|
14 |
o God, vermeteles het teen my opgestaan, en 'n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie. -
|
15 |
Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou. -
|
16 |
Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd. -
|
17 |
Doen aan my 'n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o HERE, my gehelp en getroos het. -
|