| Chapter 95 |
1 |
Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil! -
|
2 |
Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig! -
|
3 |
Want die HERE is 'n grote God, ja, 'n groot Koning bo al die gode. -
|
4 |
In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne. -
|
5 |
Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het. -
|
6 |
Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het. -
|
7 |
Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister! -
|
8 |
Verhard julle hart nie soos by Mriba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie; -
|
9 |
waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het. -
|
10 |
Veertig jaar het Ek 'n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is 'n volk met 'n dwalende hart, en hulle ken my weë nie; -
|
11 |
sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie! -
|