| Chapter 108 |
1 |
'n Lied. 'n Psalm van Dawid. -
|
2 |
My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer. -
|
3 |
Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak. -
|
4 |
Ek wil U loof onder die volke, o HERE, en psalmsing tot u eer, onder die nasies; -
|
5 |
want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke. -
|
6 |
Verhef U bo die hemele, o God, en u heerlikheid bo die hele aarde! -
|
7 |
Dat u bemindes gered kan word -- verlos deur u regterhand en verhoor ons! -
|
8 |
God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet. -
|
9 |
G¡lead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf. -
|
10 |
Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; oor Filista jubel Ek. -
|
11 |
Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie lei my tot in Edom? -
|
12 |
Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie. -
|
13 |
Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite. [ (Psalms 108:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap. ] -
|