| Chapter 112 |
1 |
Halleluja! Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat 'n groot welbehae in sy gebooie het. -
|
2 |
Gimel. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; Dalet. die geslag van die opregtes sal geseënword. -
|
3 |
He. Oorvloed en rykdom is in sy huis; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid. -
|
4 |
Sajin. Vir die opregtes gaan Hy op as 'n lig in die duisternis: Get. genadig en barmhartig en regverdig. -
|
5 |
Tet. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, Jod. wat sy sake volgens reg besorg. -
|
6 |
Kaf. Want hy sal nooit wankel nie; Lamed. die regverdige sal in ewige gedagtenis wees. -
|
7 |
Mem. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; Noen. sy hart is gerus, vol vertroue op die HERE. -
|
8 |
Samek. Vas is sy hart, hy vrees nie. Ajin. totdat hy op sy teëstanders neersien. -
|
9 |
Pe. Hy strooi uit, hy gee aan die behoeftiges; Sade. sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid; Kof. sy horing word verhoog in eer. -
|
10 |
Resj. Die goddelose sien dit en is vererg; Sjin. hy kners met sy tande en smelt weg; Tau. die begeerte van die goddelose mense vergaan. -
|