| Chapter 113 |
1 |
Halleluja! Loof, o knegte van die HERE, loof die Naam van die HERE! -
|
2 |
Laat die Naam van die HERE geprys word, van nou af tot in ewigheid! -
|
3 |
Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof word! -
|
4 |
Die HERE is hoog bo al die nasies; bo die hemele is sy heerlikheid. -
|
5 |
Wie is soos die HERE onse God, wat hoog woon, -
|
6 |
wat laag neersien, in die hemel en op die aarde? -
|
7 |
Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef; -
|
8 |
om hom te laat sit by die edeles, by die edeles van sy volk. -
|
9 |
Wat die onvrugbare van die huis laat woon -- 'n blye moeder van kinders. Halleluja! -
|