| Chapter 120 |
1 |
'n Bedevaartslied. Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my. -
|
2 |
o HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong! -
|
3 |
Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong? -
|
4 |
Skerp pyle van 'n held saam met gloeiende kole van besembosse. -
|
5 |
Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon! -
|
6 |
Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat. -
|
7 |
Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit. -
|