| Chapter 126 |
1 |
'n Bedevaartslied. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom. -
|
2 |
Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesĂȘ: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen. -
|
3 |
Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly! -
|
4 |
o HERE, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland. -
|
5 |
Die wat met trane saai, sal met gejubel maai. -
|
6 |
Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra. -
|