| Chapter 128 |
1 |
'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel! -
|
2 |
Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed! -
|
3 |
Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel. -
|
4 |
Kyk, so sal sekerlik geseënword die man wat die HERE vrees. -
|
5 |
Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe! -
|
6 |
En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel! -
|