| Chapter 132 |
1 |
'n Bedevaartslied. o HERE, dink aan Dawid, aan al sy moeite; -
|
2 |
dat hy aan die HERE gesweer het, hierdie gelofte gedoen het aan die Magtige van Jakob: -
|
3 |
Sekerlik sal ek nie ingaan in die tent van my woning of klim op die bed wat vir my gesprei is nie; -
|
4 |
sekerlik sal ek my oë geen slaap gun, aan my ooglede geen sluimering nie, -
|
5 |
totdat ek 'n plek vind vir die HERE, 'n woning vir die Magtige van Jakob! -
|
6 |
Kyk, ons het daarvan gehoor in frata; ons het dit gevind in die velde van Jaär. -
|
7 |
Laat ons na sy woning gaan, ons neerbuig voor die voetbank van sy voete. -
|
8 |
Staan op na u rusplek, HERE, U en die ark van u sterkte! -
|
9 |
Laat u priesters bekleed wees met geregtigheid, en laat u gunsgenote jubel. -
|
10 |
Wys u gesalfde nie af nie, ter wille van Dawid, u kneg. -
|
11 |
Die HERE het aan Dawid gesweer in waarheid Hy sal daarvan nie terugkom nie: Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon. -
|
12 |
As jou seuns my verbond hou en my getuienisse wat Ek hulle leer, dan sal hulle seuns ook vir ewig op jou troon sit. -
|
13 |
Want die HERE het Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê: -
|
14 |
Dit is my rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het dit begeer. -
|
15 |
Sy voedsel sal Ek ryklik seën, sy behoeftiges versadig met brood; -
|
16 |
en sy priesters sal Ek met heil beklee, en sy gunsgenote sal vrolik jubel. -
|
17 |
Daar sal Ek vir Dawid 'n horing laat uitspruit; Ek het vir my gesalfde 'n lamp toeberei. -
|
18 |
Ek sal sy vyande met skaamte beklee, maar op hom sal sy kroon skitter. -
|