| Chapter 135 |
1 |
Halleluja! Prys die Naam van die HERE! Prys, o knegte van die HERE, -
|
2 |
wat staan in die huis van die HERE, in die voorhowe van die huis van onse God! -
|
3 |
Loof die HERE, want die HERE is goed; psalmsing tot eer van sy Naam, want die is lieflik! -
|
4 |
Want die HERE het Jakob vir Hom uitverkies, Israel as sy eiendom. -
|
5 |
Waarlik, k weet dat die HERE groot en onse Here bo alle gode is. -
|
6 |
Alles wat die HERE behaag, doen Hy, in die hemel en op die aarde, in die seë en al die dieptes. -
|
7 |
Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit sy skatkamers laat uitgaan; -
|
8 |
wat die eersgeborenes van Egipte getref het, van mense sowel as van vee; -
|
9 |
wat tekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte; -
|
10 |
wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het: -
|
11 |
Sihon, die koning van die Amoriete, en Og, die koning van Basan, en al die koninkryke van Kanaän, -
|
12 |
en hulle land as erfdeel gegee het, as erfdeel aan Israel, sy volk. -
|
13 |
o HERE, u Naam is tot in ewigheid, u gedenknaam, HERE, van geslag tot geslag! -
|
14 |
Want die HERE sal aan sy volk reg doen en medelyde hê met sy knegte. -
|
15 |
Die afgode van die heidene is silwer en goud, 'n werk van mensehande. -
|
16 |
Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie; -
|
17 |
ore het hulle, maar hoor nie; ook is daar geen asem in hulle mond nie. -
|
18 |
Die wat hulle maak, sal net soos hulle word -- elkeen wat op hulle vertrou. -
|
19 |
Huis van Israel, loof die HERE! Huis van Aäron, loof die HERE! -
|
20 |
Huis van Levi, loof die HERE! Julle wat die HERE vrees, loof die HERE! -
|
21 |
Geloofd sy die HERE uit Sion, Hy wat in Jerusalem woon! Halleluja! -
|