| Chapter 140 |
1 |
Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. -
|
2 |
Red my, HERE, van die kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld; -
|
3 |
wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek. -
|
4 |
Hulle maak hul tong skerp soos 'n slang; gif van 'n adder is onder hulle lippe. Sela. -
|
5 |
Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot. -
|
6 |
Trotsaards het vir my 'n vangnet gespan en toue; hulle het 'n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir my gestel. Sela. -
|
7 |
Ek het tot die HERE gesĂȘ: U is my God; luister tog, HERE, na die stem van my smekinge! -
|
8 |
HERE Here, Sterkte van my heil, U beskut my hoof in die dag van stryd! -
|
9 |
HERE, gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, sodat hulle hul verhef nie. Sela. -
|
10 |
Wat betref die hoof van die wat my omring -- laat die onheil van hulle lippe hulle oordek. -
|
11 |
Laat vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie! -
|
12 |
Laat die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld -- laat die ongeluk hom jaag met slag op slag. -
|
13 |
Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges sal behartig. [ (Psalms 140:14) Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon. ] -
|