| Chapter 142 |
1 |
'n Onderwysing van Dawid, toe hy in die spelonk was. 'n Gebed. -
|
2 |
Hardop roep ek die HERE aan, hardop smeek ek die HERE. -
|
3 |
Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend. -
|
4 |
As my gees in my versmag, dan ken U my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle 'n vangnet vir my gespan. -
|
5 |
Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie. -
|
6 |
Ek roep U aan, o HERE! Ek sĂȘ: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes. -
|
7 |
Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk. [ (Psalms 142:8) Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen. ] -
|