| Chapter 145 |
1 |
'n Loflied van Dawid. Alef. o My God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd. -
|
2 |
Bet. Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd. -
|
3 |
Gimel. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik. -
|
4 |
Dalet. Die een geslag prys u werke by die ander, en hulle verkondig u magtige dade. -
|
5 |
He. Ek wil spreek van die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade. -
|
6 |
Wau. En hulle sal spreek van die krag van u vreeslike dade, en u grootheid wil ek vertel. -
|
7 |
Sajin. Hulle sal die gedagtenis van u grote goedheid laat uitstroom en jubel oor u geregtigheid. -
|
8 |
Get. Genadig en barmhartig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid. -
|
9 |
Tet. Die HERE is vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke. -
|
10 |
Jod. Al u werke loof U, o HERE, en u gunsgenote prys U. -
|
11 |
Kaf. Hulle maak melding van die heerlikheid van u koninkryk en spreek van u mag, -
|
12 |
Lamed. om aan die mensekinders sy magtige dade bekend te maak en die glansryke heerlikheid van sy koninkryk. -
|
13 |
Mem. U koninkryk is 'n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte. -
|
14 |
Samek. Die HERE ondersteun almal wat val, en Hy rig almal op wat neergeboë is. -
|
15 |
Ajin. Die oë van almal wag op U, en U gee hulle hul spys op die regte tyd. -
|
16 |
Pe. U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae. -
|
17 |
Sade. Die HERE is regverdig in al sy weë en goedgunstig in al sy werke. -
|
18 |
Kof. Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid. -
|
19 |
Resj. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle. -
|
20 |
Sjin. Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose. -
|
21 |
Tau. My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd. -
|