| Chapter 3 |
1 |
My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar; -
|
2 |
want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder. -
|
3 |
Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart, -
|
4 |
dan sal jy genade vind en 'n goeie insig in die oë van God en die mense. -
|
5 |
Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. -
|
6 |
Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak. -
|
7 |
Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad; -
|
8 |
dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente. -
|
9 |
Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste; -
|
10 |
dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos. -
|
11 |
My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie, -
|
12 |
want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het. -
|
13 |
Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry; -
|
14 |
want die verkryging daarvan is beter as die van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud; -
|
15 |
dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie. -
|
16 |
In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer; -
|
17 |
sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede. -
|
18 |
Dit is 'n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig. -
|
19 |
Die HERE het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel; -
|
20 |
deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup. -
|
21 |
My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg, -
|
22 |
dan sal dit die lewe wees vir jou siel en 'n versiersel vir jou hals; -
|
23 |
dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie; -
|
24 |
as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees. -
|
25 |
Jy hoef nie bang te wees vir 'n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie; -
|
26 |
want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik. -
|
27 |
Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie. -
|
28 |
Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee -- terwyl jy dit het. -
|
29 |
Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie. -
|
30 |
Twis nie sonder oorsaak met 'n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie. -
|
31 |
Wees nie afgunstig op 'n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie. -
|
32 |
Want die verkeerde is vir die HERE 'n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes. -
|
33 |
Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges. -
|
34 |
As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade. -
|
35 |
Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande. -
|