| Chapter 6 |
1 |
My seun, as jy vir jou naaste borg gestaan het, vir 'n vreemde jou handslag gegee het, -
|
2 |
verstrik is in die woorde van jou mond, gevang is deur die woorde van jou mond, -
|
3 |
doen dan dit, my seun, om jouself te red -- want jy het in die hand van jou naaste geraak -- gaan, werp jou neer en bestorm jou naaste, -
|
4 |
gun jou oë geen slaap en jou ooglede geen sluimering nie; -
|
5 |
red jou soos 'n gemsbok uit die hand, en soos 'n voël uit die hand van 'n voëlvanger. -
|
6 |
Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys! -
|
7 |
Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie, -
|
8 |
maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd. -
|
9 |
Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap? -
|
10 |
Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus! -
|
11 |
So kom dan jou armoede soos 'n rondloper en jou gebrek soos 'n gewapende man. -
|
12 |
'n Deugniet, 'n kwaaddoener is hy wat met 'n valse mond rondloop, -
|
13 |
wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee; -
|
14 |
in wie se hart valse streke is, wat altyd onheil bewerk en tweedrag saai. -
|
15 |
Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is. -
|
16 |
Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel 'n gruwel: -
|
17 |
trotse oë, 'n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet, -
|
18 |
'n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop, -
|
19 |
een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai. -
|
20 |
Bewaar, my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie; -
|
21 |
bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals; -
|
22 |
mag dit jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word. -
|
23 |
Want die gebod is 'n lamp en die onderwysing 'n lig en die teregwysinge van die tug 'n weg tot die lewe, -
|
24 |
om jou te bewaar vir 'n slegte vrou, vir die gevlei van 'n vreemde tong. -
|
25 |
Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie; -
|
26 |
want vir 'n hoer verval 'n mens tot 'n stuk brood, en 'n ander se vrou maak jag op 'n kosbare lewe. -
|
27 |
Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand? -
|
28 |
Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry? -
|
29 |
So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; elkeen wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie. -
|
30 |
'n Dief word nie verag as hy steel om sy begeerte te bevredig nie, omdat hy honger het; -
|
31 |
en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee. -
|
32 |
Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets; -
|
33 |
slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie; -
|
34 |
want jaloersheid is 'n toorngloed in 'n man, en op die dag van wraak verskoon hy nie; -
|
35 |
hy neem glad geen losprys in aanmerking nie, en hy willig nie in nie al maak jy die omkoopgeskenk nog so groot. -
|