| Chapter 9 |
1 |
Die Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap, -
|
2 |
haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek. -
|
3 |
Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes: -
|
4 |
Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê sy: -
|
5 |
Kom, eet julle van my brood, en drink van die wyn wat ek gemeng het; -
|
6 |
laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand. -
|
7 |
Hy wat 'n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat 'n goddelose bestraf, vir homself 'n skandvlek. -
|
8 |
Bestraf 'n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf 'n wyse, en hy sal jou liefhê. -
|
9 |
Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder. -
|
10 |
Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand. -
|
11 |
Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg. -
|
12 |
As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy 'n spotter, dan moet jy dit alleen dra. -
|
13 |
Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig; -
|
14 |
en sy sit by die deur van haar huis, op 'n stoel op die hoogtes van die stad, -
|
15 |
om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel: -
|
16 |
Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy: -
|
17 |
Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker. -
|
18 |
Maar hy weet nie dat d r skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie. -
|