| Chapter 16 |
1 |
Die planne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van die HERE. -
|
2 |
Al die weë van 'n man is suiwer in sy oë, maar die HERE toets die geeste. -
|
3 |
Laat jou werke aan die HERE oor, dan sal jou planne uitgevoer word. -
|
4 |
Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil. -
|
5 |
Elke hoogmoedige van hart is vir die HERE 'n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie. -
|
6 |
Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die HERE wyk 'n mens af van die kwaad. -
|
7 |
As die HERE behae het in die weë van 'n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou. -
|
8 |
Liewer 'n bietjie met geregtigheid, as 'n menigte van inkomste met onreg. -
|
9 |
Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe. -
|
10 |
Die beslissing is op die lippe van die koning; in die regspraak handel sy mond nie ontrou nie. -
|
11 |
'n Regte weegtoestel en weegskaal kom van die HERE, al die weegstene in die sak is sy werk. -
|
12 |
Dit is 'n gruwel vir konings om goddeloosheid te doen, want deur geregtigheid word die troon bevestig. -
|
13 |
Die konings het behae in regverdige lippe, en hulle het hom lief wat regte dinge spreek. -
|
14 |
Die grimmigheid van die koning is soos boodskappers van die dood, maar 'n wyse man bring dit tot bedaring. -
|
15 |
In die vriendelike blik van die koning is lewe, en sy welgevalle is soos 'n wolk van die laat reëns. -
|
16 |
Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud, en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer. -
|
17 |
Die gemaakte pad van die opregtes is om van die kwaad af te wyk; hy wat op sy wandel ag gee, bewaar sy lewe. -
|
18 |
Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val. -
|
19 |
Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards. -
|
20 |
Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou, is gelukkig. -
|
21 |
'n Wyse van hart word verstandig genoem, en soetheid van lippe vermeerder die lering. -
|
22 |
'n Fontein van die lewe is die verstand vir sy besitter, maar die tugtiging van die sotte is sotheid. -
|
23 |
Die hart van die wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe. -
|
24 |
Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek: soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente. -
|
25 |
Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood. -
|
26 |
Die honger van die werksman arbei vir hom, want sy mond jaag hom aan. -
|
27 |
'n Deugniet grawe 'n kuil van onheil, en op sy lippe is soos 'n brandende vuur. -
|
28 |
'n Man van valse streke saai tweedrag, en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar. -
|
29 |
'n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op 'n weg wat nie goed is nie. -
|
30 |
Hy wat sy oë toemaak om valsheid te bedink, wat sy lippe vasknyp, het die kwaad alreeds gedoen. -
|
31 |
Grysheid is 'n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid. -
|
32 |
Die lankmoedige is beter as 'n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem. -
|
33 |
In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE. -
|