| Chapter 17 |
1 |
Beter is 'n stuk droë brood en rus daarby as 'n huis vol offermaaltye met getwis. -
|
2 |
'n Verstandige dienaar sal heers oor 'n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel. -
|
3 |
Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die HERE toets die harte. -
|
4 |
Die kwaaddoener gee ag op 'n bedrieglike lip, 'n leuenaar luister na 'n tong wat onheil stig. -
|
5 |
Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker; hy wat bly is oor 'n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie. -
|
6 |
Kindskinders is 'n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader 'n eer. -
|
7 |
Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by 'n edele! -
|
8 |
Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag. -
|
9 |
Wie 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar. -
|
10 |
'n Berisping gaan by 'n verstandige dieper in as om 'n dwaas honderd maal te slaan. -
|
11 |
Die wederstrewige soek net onheil, maar 'n wrede boodskapper word teen hom uitgestuur. -
|
12 |
Laat 'n beer wat van kleintjies beroof is, 'n mens ontmoet, maar nie 'n dwaas in sy sotheid nie. -
|
13 |
Hy wat kwaad vir goed vergelde, die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie. -
|
14 |
Die begin van 'n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek. -
|
15 |
Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel. -
|
16 |
Waarom tog is daar geld in die hand van 'n dwaas om wysheid te koop terwyl hy geen verstand het nie? -
|
17 |
Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood. -
|
18 |
Dit is 'n verstandelose mens wat handslag gee, wat borg staan vir sy naaste. -
|
19 |
Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking. -
|
20 |
Wie verkeerd van hart is, vind die goeie nie; en hy wat vals is met sy tong, val in die ongeluk. -
|
21 |
Hy wat 'n dwaas verwek, vir hom sal dit 'n bekommernis word; en die vader van die dwaas sal nie bly wees nie. -
|
22 |
'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog. -
|
23 |
Die goddelose neem 'n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig. -
|
24 |
Die verstandige hou die wysheid voor oë, maar die oë van die dwaas is by die einde van die aarde. -
|
25 |
'n Dwase seun is 'n verdriet vir sy vader en bitter smart vir haar wat hom gebaar het. -
|
26 |
Is dit alreeds nie goed om die regverdige te beboet nie -- om edeles te slaan is onbetaamlik. -
|
27 |
Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van verstand. -
|
28 |
Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig. -
|