| Chapter 18 |
1 |
Hy wat hom afskei, soek sy eie begeerte; hy bestry alles wat waarlik tot voordeel strek. -
|
2 |
Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word. -
|
3 |
As die goddelose kom, kom ook veragting; en saam met die skande, versmading. -
|
4 |
Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid. -
|
5 |
Om vir die goddelose partydig te wees, om die regverdige in die gereg weg te stoot, is nie goed nie. -
|
6 |
Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae. -
|
7 |
Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe 'n strik vir sy lewe. -
|
8 |
Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste. -
|
9 |
Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is 'n broer van 'n verwoester. -
|
10 |
Die Naam van die HERE is 'n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut. -
|
11 |
Die goed van die ryke is sy sterk stad en soos 'n steil muur in sy verbeelding. -
|
12 |
Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan aan die eer vooraf. -
|
13 |
Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit 'n sotheid en 'n skande wees. -
|
14 |
Die gees van 'n man ondersteun hom in sy krankheid; maar 'n verslae gees -- wie kan dit opbeur? -
|
15 |
Die hart van die verstandige verwerf kennis, en die oor van wyse soek na kennis. -
|
16 |
Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes. -
|
17 |
Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë. -
|
18 |
Die lot laat die geskille ophou en maak sterkes uitmekaar. -
|
19 |
'n Broer teen wie oortree is, is erger as 'n sterk stad; en geskille is soos die grendel van 'n paleis. -
|
20 |
Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrings van sy lippe. -
|
21 |
Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet. -
|
22 |
Wie 'n vrou gevind het, het iets goeds gevind en 'n welgevalle van die HERE verkry. -
|
23 |
Die arme spreek smekinge, maar die ryke antwoord harde dinge. -
|
24 |
'n Man met baie vriende word geruneer, maar daar is 'n vriend wat sterker aanhang as 'n broer. -
|