| Chapter 19 |
1 |
'n Arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as 'n verkeerde van lippe en daarby 'n dwaas. -
|
2 |
Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis. -
|
3 |
'n Mens se sotheid bederwe sy weg, maar sy hart is vertoorn op die HERE. -
|
4 |
Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat. -
|
5 |
'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie. -
|
6 |
Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het 'n hoop vriende. -
|
7 |
Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde -- weg is hulle! -
|
8 |
Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind. -
|
9 |
'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om. -
|
10 |
Weelde pas nie vir 'n dwaas nie, hoeveel minder vir 'n kneg om oor vorste te heers! -
|
11 |
Die verstand van 'n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom 'n eer om die oortreding te vergewe. -
|
12 |
Die grimmigheid van 'n koning is soos die gebrom van 'n jong leeu, maar sy welgevalle is soos dou op die plante. -
|
13 |
'n Dwase seun is 'n ramp vir sy vader, en die gekyf van 'n vrou is 'n aanhoudende gedrup. -
|
14 |
Huis en goed is 'n erfenis van die vaders, maar 'n verstandige vrou is van die HERE. -
|
15 |
Luiheid laat in 'n diep slaap val, en een wat traag is, moet honger ly. -
|
16 |
Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy weƫ nie ag nie, sal sterwe. -
|
17 |
Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde. -
|
18 |
Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie. -
|
19 |
Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; want as jy wil red, dan maak jy dit nog erger. -
|
20 |
Luister na raad en neem tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees. -
|
21 |
Baie planne is in 'n man se hart, maar die raad van die HERE, die sal bestaan. -
|
22 |
Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid; en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man. -
|
23 |
Die vrees van die HERE is tot die lewe; en versadig bring 'n mens die nag deur, sonder om deur 'n onheil besoek te word. -
|
24 |
Steek die luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy dit nie eens na sy mond terug nie. -
|
25 |
Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy kennis verkry. -
|
26 |
Hy wat sy vader geweld aandoen en sy moeder wegjaag, is 'n seun wat skande maak en skandelik handel. -
|
27 |
Hou op, my seun, om na tug te luister, terwyl jy tog afdwaal van die woorde van kennis. -
|
28 |
'n Deugniet wat getuienis gee, spot met die reg, en die mond van die goddelose verslind onreg. -
|
29 |
Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slae vir die rug van die dwase. -
|