| Chapter 26 |
1 |
Soos sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by 'n dwaas nie. -
|
2 |
Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is 'n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie. -
|
3 |
'n Sweep is vir die perd, 'n toom vir die esel en 'n roede vir die rug van die dwase. -
|
4 |
Antwoord 'n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie. -
|
5 |
Antwoord 'n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie. -
|
6 |
Hy kap sy voete af, hy ly onreg, wat 'n boodskap stuur deur middel van 'n dwaas. -
|
7 |
Soos die bene van 'n lamme slap afhang, so is 'n spreuk in die mond van die dwase. -
|
8 |
Soos een wat 'n klip in 'n slinger vasbind, so is hy wat eer gee aan 'n dwaas. -
|
9 |
Soos 'n doring wat in die hand van 'n dronkaard geraak het, so is 'n spreuk in die mond van die dwase. -
|
10 |
Soos 'n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat 'n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur. -
|
11 |
Soos 'n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is 'n dwaas wat sy sotheid weer ophaal. -
|
12 |
Het jy 'n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir 'n dwaas as vir hom. -
|
13 |
Die luiaard sê: Daar is 'n leeu op die pad, 'n leeu op die pleine. -
|
14 |
'n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed. -
|
15 |
Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om dit na sy mond terug te bring. -
|
16 |
Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord. -
|
17 |
Hy wat 'n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor 'n twis wat hom nie aangaan nie. -
|
18 |
Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet, -
|
19 |
so is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel somaar. -
|
20 |
Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis. -
|
21 |
Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is 'n twisgierige man om 'n twis aan te hits. -
|
22 |
Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste. -
|
23 |
Silwerskuim waarmee 'n potskerf oorgetrek is -- so is gloeiende lippe en 'n slegte hart. -
|
24 |
Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog. -
|
25 |
As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart. -
|
26 |
Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar. -
|
27 |
Wie 'n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat 'n klip rol, dit sal na hom terugkom. -
|
28 |
'n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en 'n gladde mond bewerk ondergang. -
|