| Chapter 29 |
1 |
'n Man wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is. -
|
2 |
As die regverdiges talryk word, is die volk bly; maar as die goddelose heers, sug die volk. -
|
3 |
'n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maar hy wat met hoere omgaan, bring die goed deur. -
|
4 |
'n Koning hou deur reg die land in stand, maar 'n man wat belastings afpers, verwoes dit. -
|
5 |
'n Man wat sy naaste vlei, sprei 'n net uit voor sy voetstappe. -
|
6 |
In die oortreding van 'n slegte mens is 'n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees. -
|
7 |
Die regverdige ken die reg van die armes, maar die goddelose verkry geen kennis nie. -
|
8 |
Manne wat spot, bring 'n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring. -
|
9 |
Het 'n wyse man met 'n sot 'n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring. -
|
10 |
Manne van bloed haat die regskapene, en hulle soek die lewe van die opregtes. -
|
11 |
'n Dwaas laat al sy toorn uitvaar, maar 'n wyse bring dit eindelik tot bedaring. -
|
12 |
'n Heerser wat luister na 'n leuenagtige woord, sy dienaars is almal goddeloos. -
|
13 |
Die arme en die man wat verdruk, ontmoet mekaar, die HERE verlig altwee se oë. -
|
14 |
'n Koning wat getrou aan die armes reg verskaf, sy troon sal vir altyd bevestig wees. -
|
15 |
Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar 'n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande. -
|
16 |
As die goddelose vermeerder, vermeerder die oortreding; maar die regverdiges aanskou met welgevalle hulle ondergang. -
|
17 |
Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf. -
|
18 |
As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy. -
|
19 |
Met woorde laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie. -
|
20 |
Het jy 'n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir 'n dwaas is daar meer hoop as vir hom. -
|
21 |
As 'n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar. -
|
22 |
'n Opvlieënde man verwek twis, en 'n driftige man is ryk aan oortreding. -
|
23 |
Die trotsheid van 'n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry. -
|
24 |
Hy wat saam met 'n dief deel, haat sy eie siel; hy hoor die beswering, maar openbaar niks nie. -
|
25 |
Die vrees vir die mens span 'n strik; maar hy wat op die HERE vertrou, sal beskut word. -
|
26 |
Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van 'n mens kom van die HERE. -
|
27 |
'n Man van onreg is vir die regverdiges 'n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel 'n gruwel. -
|