| Chapter 2 |
1 |
En Hy het vir my gesê: Mensekind, staan op jou voete, dat Ek met jou kan spreek. -
|
2 |
En die Gees het in my gekom sodra Hy met my gespreek het, en my op my voete laat staan; en ek het Hom gehoor wat met my gespreek het. -
|
3 |
Hy sê toe vir my: Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van Israel, na die opstandige nasies wat teen My opgestaan het; hulle en hul vaders het teen My oortree tot hierdie selfde dag toe. -
|
4 |
En die kinders is hard van aangesig en verstok van hart. Ek stuur jou na hulle, en jy moet vir hulle sê: So spreek die Here HERE! -
|
5 |
Maar of hulle nou al luister of nie -- want hulle is 'n wederstrewige huis -- hulle sal moet erken dat daar 'n profeet in hulle midde gewees het. -
|
6 |
En jy, mensekind, wees nie vir hulle of vir hulle woorde bevrees nie, omdat distels en dorings by jou is, en jy by skerpioene woon; wees nie bevrees vir hulle woorde en wees voor hulle aangesig nie verskrik nie, want hulle is 'n wederstrewige huis. -
|
7 |
Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle al luister of nie; want hulle is wederstrewig. -
|
8 |
Maar jy, mensekind, luister na wat Ek jou sê; wees nie wederstrewig soos die wederstrewige huis nie; maak jou mond wyd oop, en eet wat Ek jou gee. -
|
9 |
Toe kyk ek, en daar was 'n hand na my toe uitgesteek, en daarin 'n boekrol! -
|
10 |
En Hy het dit voor my uitgesprei; en dit was beskrywe op die voor-- en agterkant, en daarop was geskrywe klaagliedere en gesug en wee. -
|