| Chapter 2 |
1 |
En Jona het tot die HERE sy God gebid uit die ingewande van die vis -
|
2 |
en gesê: Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp -- U het my stem gehoor. -
|
3 |
U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat 'n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan. -
|
4 |
Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou. -
|
5 |
Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai. -
|
6 |
Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God! -
|
7 |
Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel. -
|
8 |
Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is. -
|
9 |
Ek daarenteen sal aan U offer met 'n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die HERE. -
|
10 |
Daarop het die HERE die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug. -
|