| Chapter 3 |
1 |
Om hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is -- -
|
2 |
as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle, -
|
3 |
dat Hy aan my deur 'n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het; -
|
4 |
waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan, -
|
5 |
wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik -
|
6 |
dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie -
|
7 |
waarvan ek 'n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag. -
|
8 |
Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig, -
|
9 |
en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus, -
|
10 |
sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word, -
|
11 |
volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here, -
|
12 |
in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom. -
|
13 |
Daarom bid ek dat julle nie moedeloos word by my verdrukkinge ter wille van julle nie. Dit is julle eer. -
|
14 |
Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, -
|
15 |
van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang, -
|
16 |
dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, -
|
17 |
sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, -
|
18 |
en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, -
|
19 |
en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God. -
|
20 |
En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, -
|
21 |
aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen. -
|