| Chapter 2 |
1 |
In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; -
|
2 |
vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid. -
|
3 |
Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, -
|
4 |
wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. -
|
5 |
Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, -
|
6 |
wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd, -
|
7 |
waartoe ek aangestel is as 'n prediker en apostel -- ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie -- 'n leraar van die heidene in geloof en waarheid. -
|
8 |
Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis. -
|
9 |
So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie, -
|
10 |
maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke. -
|
11 |
Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. -
|
12 |
Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. -
|
13 |
Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. -
|
14 |
En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom. -
|
15 |
Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid. -
|