| Chapter 3 |
1 |
Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. -
|
2 |
Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, -
|
3 |
sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, -
|
4 |
verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; -
|
5 |
mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af. -
|
6 |
Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word, -
|
7 |
wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie. -
|
8 |
En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof. -
|
9 |
Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook die van daardie manne geword het. -
|
10 |
Maar jy het my navolger geword in leer, lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid, -
|
11 |
vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antioch¡ë, in Ikonium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos. -
|
12 |
En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word. -
|
13 |
Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word. -
|
14 |
Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, -
|
15 |
en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. -
|
16 |
Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, -
|
17 |
sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. -
|